Brits Sub-Akuut Hospitaal

Sub-Akuut Hospitaal Dienste

Brits Sub-Akuut Dienste

Ons bied ‘n sorgsame en beheerde omgewing met 24-uur verpleegsorg.

Sub-akuut Fasiliteite

Sub-akuut fasiliteite kombineer die tegnologie van ‘n hospitaal met professionele verpleegsorg, maar beskik nie oor teaters of hoë intensiteitsafdelings nie wat meer koste-effektiewe dienste tot gevolg het, terwyl die kwaliteit van sorg behou word.

 

Die voordele van sub-akuut sorg sluit in, maar is nie beperk nie tot:

  • Sub-akuut sorg is meer koste-effektief as verlengde akuut hospitaalverblyf;
  • Mediese fonds ondersteun sub-akute fasiliteite;
  • Moedig pasiënt se herstel aan en bespoedig hul vermoë om funksionele onafhanklikheid te verkry;
  • Fasiliteer en bevorder die genesingsproses;
  • Sub-akuut sorg is meer persoonlik.

Bel ons vandag om u plek te bespreek

Brits Sub-Akuut Hospitaal kan volwassenes vanaf 18 jaar en ouer akkommodeer

Brits Sub-Acuut Dienste

Die Brits sub-akuut hospitaal bied ‘n omvattende en koste-effektiewe binnepasiëntprogram vir pasiënte wat ‘n ernstige toestand as gevolg van ‘n besering of siekte opgedoen het.

Neurologiese rehabilitasie

Neurologiese rehabilitasie as gevolg van:

  • Breinbesering
  • Kopbeserings
  • Beroerte

Ortopediese rehabilitasie

Ortopediese rehabilitasie insluitend:

  • Breuke
  • Post amputasie
  • Vervangings
  • Sagte weefselbeserings
  • Ruggraatoperasies

Fisioterapeute

Die tegnieke kan fisieke behandeling wees, insluitend:

  • Rehabilitasie oefeninge
  • Bekendstelling en leer om met hulpmiddels oor die weg te kom.
  • Oefening om mobiliteit en uithouvermoë te verseker.

Gespesialiseerde sorg soos:

Gespesialiseerde sorg soos:

  • Bloedoortapping
  • Dialise (uitgekontrakteer)
  • Mediese opnames, d.w.s. longontsteking
  • Palliatiewe sorg
  • Post-operatiewe sorg
  • Wondversorging
  • Post-Covid pasiënte

Arbeidsterapeute:

Arbeidsterapeute:

  • Om pasiënte te help ongeag hulle toestand om weer deel te neem aan aktiwiteite wat deel was van hulle normale alledaagse lewe. 
  • Opleiding van pasiënt se selfversorgingsvaardighede, insluitend voeding, aantrek en versorging onder andere aktiwiteite
  • Hulp met emosionele aanpassing na besering of siekte
  • Behandeling van kognitiewe beperkings soos geheue en probleemoplossing.
  • Verseker ‘n veilige ontslag van Brits sub-akuut.

Spraakterapie:

Spraakterapeute:

  • Streef daarna om die optimale vlak van onafhanklikheid te bereik en te handhaaf by mense met neurologiese en kognitiewe gestremdheid.
  • Help met kommunikasie by persone met ligte traumatiese breinbesering.

Volg Ons Op