Brits sub-akuut hospitaal (Step-down fasiliteit) is ‘n sub-akuut en rehabilitasie hospitaal.
Brits Sub-akuut bied ‘n koste-effektiewe alternatief vir pasiënte wat langer herstelperiodes benodig. Ons bied ‘n omvattende en koste-effektiewe binnepasiëntprogram aan vir pasiënte wat ‘n ernstige toestand het as gevolg van ‘n besering of siekte.
Ons glo onwrikbaar in die vermoë en potentiaal van die menslike liggaam en gees om te wil herstel.
In die Brits sub-akuut hospitaal sal u ‘n sorgsame en gekontroleerde omgewing ervaar met 24-uur verpleegsorg. Rehabilitasiesorg saam met ons oproep dokters wat nou saam met elke pasiënt werk, verseker die beste resultate en vinnige herstel. Tydens u verblyf in die Brits sub-akuut hospitaal het u gemoedsrus; ons medikasiebestuur, wondsorg en respiratoriesesorg is van die beste. Ons word ook ondersteun deur u mediese fonds. Klik op die onderstaande knopie vir meer oor ons beskikbare dienste.